Close
Klagtes teen vellingsbedryf neem af met meer as 35%

Klagtes teen vellingsbedryf neem af met meer as 35%

Beeld (Pretoria), Eiendomme & Veilings

Veilings sake word eties en deursigtig gedoen. Die aantal klagtes teen veilingshuise het in 2016 met meer as 35% op 'n jaargrondslag afgeneem.

Uit die syfers vir die jaar tot dusver, lyk dit asof die afwaartse neiging voortgesit word, se Joff van Reenen, 'n direkteur van die Suid Afrikaanse Instituut vir Afslaers (SAIA), wat op die instituut se 2017 jaarvergadering herverkies is as direkteur van voldoening. Van Reenen is ook die hoofafslaer en 'n direkteur van The High Street Auction Company, 'n spesialis eiendoms veilingshuis wat jaarliks eiendomme van meer as R1 miljard opveil.

Philip Powell van die SAIA se voldoening en dissiplinepaneel, het op die jaarvergadering gese dat die getal klagtes teen geakkrediteerde veilingshuise in 2016 tot 49 afgeneem het van 78 in 2015. In die jaar tot dusver is slegs 18 klagtes ingedien. "In die meeste van die sake verlede jaar is skikkings bereik en die gemiddelde tyd vandat die klagte ingedien is totdat 'n beslissing deur die paneel gemaak is, was twee weke," se van Reenen. Hy se die paneel doen alles in sy vermoe om klagtes so gou moontlik te verwerk. Lede van die SAIA moet berus by die beslissings wat die paneel maak. "As hulle weier, kan daar 'n verhoor volg en hulle loop die gevaar om die SAIA akkreditasie en lidmaatskap te verloor." Hy se vir 'n veilingshuis om sy akkreditasie te verloor is nie grappies nie. "Die meeste veilingsmaatskappye se sake is afkomstig uit die korporatiewe sektor en geen korporasies, entiteite in staatsbesit en bankinstellings sal 'n verbintenis voortsit met 'n veilingshuis wat nie 'n akkreditasie van die SAIA het nie.

Hy se die beduidende afname in die getal openbare klagtes is bevredigend op vele vlakke. "Dit wys dat afslaers in SuidAfrika hoofsaaklik sake op 'n etiese en deursigtige manier doen." Dit weerspieel ook 'n toename in die openbare bewuswording van hoe die veilingsverkoopsproses in die algemeen werk, se hy. "Talle klagtes wat oor die jare by die SAIA ingedien is, was grootliks omdat die kopers of die verkopers nie die nodige inligting oor spesifieke standaardaspekte van die veilingsproses gehad het nie en dan daarna gevoel het hulle is onbillik behandel." Hy se hoewel tegnologie en toegang tot internetnavorsing 'n ingeligte, moderne veilingsklientebasis skep, is dit steeds die verantwoordelikheid van die veilingsbedryf om te verseker dat elke persoon met wie sake gedoen word, die proses ten volle verstaan.

Die SAIA is in 1989 gestig om 'n duidelike stel bedryfstandaarde daar te stel, wat etiese praktyke in die veilingsbedryf bevorder. John Cowing, voorsitter van die SAIA, se elke persoon wat sake wil doen met 'n veilingshuis, moet altyd eerste daardie onderneming se akkreditasiestatus nagaan. Dit weerspieel ook 'n toename in die openbare bewuswording van hoe die veilingsproses werk. — JOFF VAN REENEN

Print

Featured Auctioneers

Park Village Auctions
Liquidity Services SA (Pty) Ltd
Comauc Pty Ltd
Venditor Auctioneers
BIDX1 SA
Home and Hectare
Ian Wyles Auctioneers
O-Yes Auctions
Nuco Auctioneers
Vans Auctioneers (Gauteng)
Prime Auctions
Isivuno Auctioneers
Dynamic Auctioneers
In2assets Property Specialists
Aucor Property (Pty) Ltd
Sarai Auctions
Riley Auctioneers
The High Street Auction Company
Devco Auctioneers
Cahi Auctioneers (Pty) Ltd
Ryncor Auctioneers
Crosstate Auctioneers
C and D Thompson Auctioneers
NRE Auctioneers
Aucor Sandton (Pty) Ltd
Mogale Auctioneers
SA Auction
WH Auctioneers
Asset Auctions (Pty) Ltd
ARI Auctioneers
Eli Stroh Auctioneers
Auction Inc
Bidders Choice
Elite Auctions
NBM Auctioneers
Auction 24
Marietjie Keet Auctioneers
Jack Klaff Auctioneers and Estate Agents Pty Ltd.
Sell my Truck

No content

A problem occurred while loading content.

Previous Next
Terms Of UsePrivacy StatementCopyright 2025 by SAIA
Back To Top